'n Klein Saadjie: Die Verhaal Van Wangari Maathai
Nicola Rijsdijk
Maya Marshak

In 'n klein dorpie teen die hange van berg Kenya, het 'n klein dogtertjie in die landerye saam met haar ma gewerk.

Haar naam was Wangari.

1

Wangari het dit baie geniet om buite te wees.

In hulle familie se groentetuin, het sy die grond los maak met haar Machete.

Daar het sy klein saadjies in die grond geplant.

2

Sonsondergang was haar gunsteling deel van die dag. Sy het geweet dit was tyd om huistoe te gaan wanneer dit so donker geword het, dat sy nie meer die plante kon sien nie.

Sy het die smal padjies gevolg deur die landerye en riviere.

3

Wangari was 'n slim kind en kon nie wag om skooltoe te gaan nie. Haar ma en pa wou gehad het sy tuis bly, om hulle te help.

Op sewe-jarige ouderdom het haar ouer boetie haar ouers oortuig om haar skooltoe te stuur.

4

Sy het daarvan gehou om te leer! Met elke boek wat Wangari gelees het, het sy al hoe meer geleer.

Sy het so goed gedoen op skool dat sy die geleentheid gebied is om in die Verenigde State van Amerika te studeer.

Wangari was baie opgewonde! Sy wou graag meer leer van die wêreld. Sy het so goed gedoen op skool dat sy die geleentheid gebied is om in die Verenigde State van Amerika te studeer.

5

Wangari het baie nuwe dinge geleer by die Amerikaanse universiteit. Sy het meer van plante geleer en hoe hulle groei.

Dit het haar laat terug dink aan die pragtige woud in Kenya. Sy het daar saam met haar boeties onder die koeltebome gespeel.

6

Sy het al hoe meer besef hoe lief sy die mense van Kenya het, terwyl sy studeer het. Sy wou hê hulle moet gelukkig en vry wees.

Hoe meer sy geleer het, hoe meer het sy terug gedink aan haar tuiste in Kenya.

7

Toe sy haar studies voltooi het, is sy terug Kenya toe.

Alles in haar land het verander. Daar was groot uitgestrekte plase, reg oor die land. Die vroue het nie meer hout gehad, om vuur te maak nie.

Die mense was arm en die kinders was honger.

8

Wangari het 'n plan gehad. Sy het die vroue geleer hoe om met die plant van 'n saadjie, 'n boom te laat groei.

Die vroue kon die bome verkoop en die geld gebruik om na hulle gesinne om te sien.

Die vroue was baie gelukkig. Wangari het hulle gehelp om suksesvol te wees.

9

Die nuwe bome het groot geword en groot boomplantasies geword. Die riviere het weer begin vloei.

Wangari se boodskap het reg oor Afrika versprei. Vandag is daar miljoene bome wat met Wangari se hulp groei.

10

Wangari het hard gewerk. Regoor die wêreld het mense notisie geneem van haar hulp en sy het 'n bekende prys verower.

Ons noem hierde prys die Nobel Prys vir Vrede. Sy was die eerste vrou in Afrika wat hierdie prys verower het.

11

Wangari het in 2011 gesterf, maar elke keer wat ons 'n boom sien, kan ons dink aan haar groot bydra in Afrika.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
'n Klein Saadjie: Die Verhaal Van Wangari Maathai
Author - Nicola Rijsdijk
Translation - Monique
Illustration - Maya Marshak
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs